Perpignan

Perpignan

Kaart Wapen
Vlag
 Land Frankryk
 Koördinate 42°41′N 2°53′E / 42.683°N 2.883°O / 42.683; 2.883
 Région Languedoc-Roussillon
 Département Pyrénées-Orientales (66)
 Oppervlakte:  
 - Totaal 68,07 vk km
 Hoogte bo seevlak 8-95 m
 Bevolking:  
 - Totaal (1 Januarie 2018) 119 188
 - Metropolitaanse gebied (2013) 313 862
 - Bevolkingsdigtheid 1 800/vk km
 - poskode 66000, 66100
 - skakelkode 66136
 Tydsone UTC +1
 Burgemeester Louis Aliot (RN)
 Amptelike Webwerf www.ajuntament-perpinya.cat

Perpignan (Katalaans: Perpinyà, Spaans: Perpiñán) is die prefektuur of hoofstad van die Suid-Franse département Pyrénées-Orientales. Die stad met 119 188 inwoners (soos op 1 Januarie 2018) lê aan die Golf van Lion van die Middellandse See, sowat 70 kilometer suid van Narbonne en 30 kilometer noord van die Spaanse grens.

Perpignan is die grootste stad en historiese sentrum van die Katalaanstalige gebied Roussillon (Katalaans: Rosselló), wat soms ook Noord-Katalonië (Katalaans: Catalunya del Nord) genoem word.

Talle historiese geboue, veral in die gotiese styl, dateer uit Perpignan se roemryke geskiedenis. Die stad is vandag 'n handelsentrum vir plaaslike landbouprodukte soos wyn, en beskik oor 'n eie universiteit.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy